Aansoeker: Adomamanzi (Edms) (Bpk) [‘Adomamanzi’] beoog om prospekteerings aktiwiteite (vir diamante) te onderneem wat indringende en nie-indringende werk oor ‘n 5 jaar tydperk behels. See aktiwiteite sluit in die gebruik van duikers wat met trekkers werk wat toegerus is met suig pompe wat gruis uit die see pomp, sowel as die gebruik van ski bote wat dieselfde toerusting het (suig pompe). Op die land gedeelte sal grootmaat monsterneming met die gebruik van laaigrawe asook excavators gedoen word.

Ligging: Die aansoek area vorm die oosteklike grens van Konsessie 9(a) en sluit ‘n gedeelte van die see tot teen aan die westelike grens van Restant Plaas Eiland Punt Noord Nr. 549. Dit is ongeveer 2.4km suid van die Groenriviermond en is toeganklik vanaf die N7 noordwaarts na Springbok vanaf ‘n grondpad wat ongeveer 4km suid van Garies na Groenriviermond aanskakel na die weste. Deur hierdie grondpad vir 80km te volg na die riviermond kan die projek gebied bereik word waar dit verby
die vuurtoring loop.